Jongste aktiwiteit:

DIS LEKKER IN AFRIKAANS

Vandag is ons taal nege-en- negentig Jaar oud vandat afrikaans as ‘n taal erken is.
Ons onthou ons digters wat aan poësie sekere elemente verskaf het deur indiwiduele sielelewe en belydenispoësie oor eeue heen, maar vandag wil ek hulde bring aan ‘n merkbare vrou. Sy het afrikaans bevorder en ook geveg vir afrikaans.

Sharleen Surtie Richards het nie bekendstelling nodig nie. Hierdie aktrise en rolprentster het die vermoë gehad om afrikaans so lekker oor haar tong te laat rol.
Mens bid , eet, speel in afrikaans en dit spel ‘n lewe uit van geboorte deur jou tiener kruiwa stoot dae tot ‘n grootmens want dit is lekker in afrikaans.
Sharleen is 7 Mei 1955 in Upington gebore. Beide haar ouers was onderwysers en sy was ‘n ywerige leerder en student.
Sy het in verskeie rolprente verskyn, maar die een wat my in ‘n WIP gevang het was “Fiela se kind.”
Hierdie draaiboek van Daleen Matthee is net iets besonders.
Sharleen het “Fiela” vertolk.
Sy het haar karakter perfek vertolk.
Ek het respek vir die vrou wat afrikaans meer as net ‘n taal gesien het.
Sy het die vlegsel in die koeksisters gesit, sy was die hittegloed by die bekende braaivleis so eie aan ons afrikaners.
Dis net sy en ek haal ‘n paar reëls aan uit die film.
“Nou wil jy visvang in ‘n pispot”.
Dit kan net eending beteken en dit is dat mense hul eie gevolgtrekkings wil maak.
“Sê nou die bosvrou sê dit is haar kind, ma sê nou ?”
“Sê nou se moer !
Sharleen het haar so in haar karakters ingeleef .
Haar gesprek met Petrus sondag last my dink hoeveel keer ons al self in so polisie was.
“Kom Fiela, praat uit”
” Ja Petrus sondag sit jy elke sondag in jou kerk. Jy kan maar vir die mense gaan vertel, die Lagaans ook dat hulle kan praat en lag. Hulle het vir Benjamin kom vat, sou hom saterdag terug gebring het. Ek onnosel het hulle geglo, maar ek sê vir jou eending. Daai kind se hart is goud en goud is sag. As hy iets oorkom skeur ek hierdie wêreld uitmekaar. Hy is my kind en dit sal hy bly”.
Sharleen sê rol as Fiela Komoti het elke moeder hart deurweek.

Ons onthou vir Sharleen en ek bring hulde aan haar vandag.
Sharleen is oorlede 7 Junie 2021 in ‘n gastehuis in die Kaap.
Sy was ‘n merkwaardige vrou en het geboreel van talent.
So eie aan afrikaans het ‘n kragwoord ‘n ander bedoeling raakgevat in haar woordeskat.
Dankie Sharleen vir die merkwaardige manier waarop jy ‘n vegter was vir afrikaans en hoe jy sonstraal voetspore en afrikaanse klinkslae vir ons agter gelos het om te onthou.
Vandag vier ons Afrikaans en onthou ons die digters, skrywers en merkwaardige rolprent en teater akteurs en aktrises want dit is lekker in afrikaans !




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed