Jongste aktiwiteit:

Maar nou is dit te laat

Die lewe was so mooi
In sy goedheid getooi
My hart was vol liefde vir jou

Jou buie was soms swart
Diep verlore in jou smart
Maar vir my was jy die mooiste mens

Daardie dag was te veel vir jou
Was jou wonde net te rou
Ek wou nog soveel met jou deel…

Nou is jou plekkie langs my leeg
En moet ek jou woorde opweeg
Hoe werk ‘n wêreld dan sonder jou

My verlange so diep, so bitter seer
As die engele jou net kon keer
Dalk sou jou siel kon beter raak

Maar vir nou klou ek aan die wete
Ons herhindering nooit vergete
Jy sal ewig ‘n deel wees van my

© Carla Visser




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed