Jongste aktiwiteit:

Liefste kind

Jy liefste kind wie se hart so skyn
mooiste blom in Jesus se tuin.
Met liefde wat glinster in jou oë,
en vreugde in jou skaterlag, vol reënboë.

Jy liefste kind geklee met ‘n Gods mantel
wat die pad van geregtigheid wandel.
Die suiwerste van vrede in jou in geweef
die asem van gedult deur jou gees gesweef.

Jy liefste kind, beeldskoon gekroon
jouself eerbiedig aan die Allerhoogste getoon.
‘n Siel omsoom met vriendelikheid
deurdrenk met egte goedhartigheid.

Jy liefste kind, ‘n ma se diepste trots
‘n kleinboet se anker – se rots.
Altyd bereid en altyd getrou
jou menswees met nederigheid gebou.

© Carla Visser




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed