Jongste aktiwiteit:

Hartsoorlog .

Agter die kaplyn, geskuil in die donker
Met slot en grendel vas gegord
Verbode enige vorm van voel
Oorverdowend het die waarheid geword

Bedek jou hoede bedek jou siel
Skeur jou los van die ewige dors
Kniee vol rowe al soekend in die stof
Soos die skote klap al om jou bors

As die laaste koeël se doppie val
En die gesanik uit eindelik stil raak
As die brand in jou wonde opvlam
En die prentjie nooit nie sin maak

Vee jy die bloedspatsels oor jou gesig
En skud jy gister van jou skoene
Pak die stukke in jou swaar-dra-sak
En verdwyn tussen die miljoene

 

© Carla Visser




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed