Anna se geraamtes
Dit was Anna se geraamtes
wat kom spook het by my
gedagtes laat ontwaak het
wat sluimerend moes bly.
Parallel loop –
met wát ek kon gewees het
en wíé ek vandag is
Hóé ek in my vel inpas
en skepties oor alles is.
Dis is Anna se geraamtes
wat deur die psige skeur –
die kleure van soveel maskers
met vuil kloue besmeer.
* Geïnspireer deur Anna Bruwer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Carla Visser
Hierdie het waaragtig my hartsnare geroer!