Leef
Lag lag in die somer son se strale
Baljaar na hartelus met vrye gees
Wat‘s daar dan nie om voor dankbaar te wees
As die vreugde kom – tien talle male
Vier saam die glorie van hierdie mooi dag
Juig almal saam en hou fees tot vannag
© Carla Visser
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2017 – Fees projek