Kalahari
Plek van dors
jou skimmel son
skroei duine rooi
Jou droë rivier loop
waar Kameeldoringboom gedy
Swart maanhaar bulder
Kraai krys in jou Augustus wind
Troupant het die hofmaak lied gefluit
rooi staan die Kalahari
my nuutste bruid
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.