See seëninge
See seëninge
Genesing vir gees, siel en liggaam
is ‘n wegbreek dag saam.
By St Ives baai
staar ons oor die kaai
waar bootjies dobber in die see
vind ons vree.
Die seelug sit asem in ons longe
by die lek van die brander tonge.
Warm winter son strale soen saggies
en vul ons kloppende koppe met laggies.
Liggame word met pizza gevoed
en moeë siele skep nuwe moed.
Wanneer die westerkim vergeel
word ‘n mooi dag verseël.
C Diederiks ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.