Jongste aktiwiteit:

Basiese Profiel

Eerste naam
Van
Geslag
INK naam

BartieAnneMarie

Biografie

BIO VAN ANNE-MARIE BARTIE

 

Anne-Marie Bartie (van der Merwe) is op 1 Desember 1961 gebore. Sy het aan die Universiteit van Pretoria studeer, asook deur UNISA. Sy is ʼn afgetrede regspraktisyn en woon tans in Gordons Baai.

Sy het al verskeie beroepshoede in haar lewe gedra, onder andere as joernalis, koerant eienaar, entrepreneur, maatskappy eienaar, eiendomsontwikkelaar en mediator.

Sy is ook aangewys Nasionale Raad vir Sakevroue as “Entrepreneur van die Jaar, Finalis Kwa Zulu Natal in 1995/6”.  Sy verwerf ook verskeie ander nagraadse kwalifikasies in rigtings wat haar interresseer.

Haar eerste geskewe stukkie is in 1974, op die ouderdom 13 jaar, in die Keur geplaas waarvoor sy ʼn prys van R25 gewen het. Daarna is skryfstukkies van haar ook in Rooi Rose en Sarie geplaas. Haar huistaal is Engels, maar sy voel gemaklik om in Afrikaans te skryf.

Haar Afrikaanse debuutroman, “Boksemdice” (waar sy die euwel van kindermolestering en die gevolge daarvan uitwys), is in Julie 2023 met die African Honoree Authors Award bekroon.

Anne-Marie is op 4 November 2023 in die Genootskap van die Handhawing van Afrikaans se digkompetisie, die algehele wenner en is hiermee met die N.P. van Wyk Louw Prys bekroon.

Anne-Marie beskryf haarself as iemand wat nie van die kalklig hou nie en ʼn ewige student sal bly. Sy het vier dogters en twee kleinseuns.

Sy werk tans aan haar debuutbundel.

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed