Jongste aktiwiteit:

DIE VADERHART VAN GOD

God praat gereeld met Abraham; hulle is soos beste vriende . Abraham glo Hom wanneer Hy sy planne vir die toekoms aan hom bekend maak . God het ook sy naam verander van Abram na Abraham wat beteken dat hy ‘n pa van baie nasies sal wees en dat sy kinders baie kinders sal hê.

Vandag kan Abraham sy ore nie glo nie. Het hy reg gehoor, sal hy en Sara, wat al so baie oud is regtig ‘n kind he? Die snaaksheid van die situasie tref hom. Hy begin om saggies te lag.. Die prentjie in sy kop van ‘n ou man en ‘n ou vrou vol plooie wat met ‘n kierie loop en ‘n babatjie versorg is vir hom baie snaaks. As hy dink aan Sara wat swanger is en hoe sy sal lyk, laat hom net meer lag. Hy is al amper 100 jaar oud en Sara is 90. Hierdie gedagte is vir hom baie snaaks, maar Hy weet dat sy Beste Vriend altyd doen wat Hy belowe.

Hy wip soos hy skrik toe God weer praat; “Jy moet hom Isak noem” sê God, dit beteken God was goed en het geglimlag, Abraham glimlag van oor tot oor, omdat God ook ‘n sin vir humor het. God belowe vir Abraham dat hy sy ooreenkoms sal nakom met Isak en dat hy altyd vir hom en vir sy kinders ‘n God sal wees.

Trane van blydskap het oor Abraham se wange gerol! Hy het opgespring en God begin loof en prys. Uiteindelik gaan hy ‘n seun hê by die vrou vir wie hy baie lief het.
Die dag toe Isak gebore is was dit ‘n dag van groot blydskap en feesvieringe Abraham kon nie ophou om vir God dankie te sê nie.

Hy is baie lief vir Isak. Niks is te veel moeite nie. Abraham en Isak is onafskeidbaar. Waar die een is daar is die ander een..
Elke dag leer hy hom van ‘n wonderlike God wat vir hulle sorg en wat baie lief is vir hulle. Hy vertel hom ook van al God se beloftes. Isak weet dat God ‘n werklikheid is en dat Hy hom nooit in die steek sal laat nie.

Wanneer Isak in sy pa se oë kyk kan hy God se liefde raak sien. Sy pa het hom geleer dat God sterk en almagtig is en dat hulle altyd naby aan Hom moet leef en die regte dinge moet doen.
Een oggend maak sy pa hom vroeg wakker. Hy weet sommer dat daar iets fout is. Sy pa se gesig spreek boekdele. Hy is te bang om te veel vrae te vra. Hy kan sien dat sy pa is skoon óp gestres.

Die heelpad, op pad na die berg wonder hy oor die twee werkers en die brandhout wat hulle dra. Hy weet dat wanneer daar brandhout gedra word, is daar gewoonlik ‘n skaap wat saam gaan om geoffer te word. Vanoggend sien hy glad nie een nie. Hy wonder wat in sy pa se gedagtes aangaan. Hoekom lyk hy so bekommerd en so baie treurig?. Een ding weet hy en dit is dat hy sy pa kan vertrou. Hy weet ook dat sy pa altyd gehoorsaam is aan God omdat hy Hom liefhet.

Al twee loop in stilte vasgevang in hul eie gedagtes. Kan dit wees dat God regtig wil hê dat ek Isak moet offer? wonder Abraham. Isak en Sarah is die persone wat hy die liefste het. Sy hart is stukkend en verdeeld. Hy kan nie dink dat hy sy seun enige leed kan aan doen nie. Sy gehoorsaamheid en vertroue in God, wat sy Hemelse Vader en Vriend is, laat hom ‘n wilsbesluit neem: Hy sal doen wat God wil hȇ Hy moet doen en hy sal Hom vertrou. God het belowe dat daar ‘n nageslag sal wees en Hy gaan nooit terug op Sy Woord nie.

“Julle twee werkers moet asseblief by die donkies bly en hulle mooi oppas. Ek en my seun gaan daar anderkant offer en as ons klaar is, kom ons terug. Sê Abraham.
In stilte stap hulle twee verder. “Pa, waar is die skaap vir die offer? verbreek Isak die stilte, met ‘n benoude stemmetjie. Dit het baie moed gekos om hierdie vraag te vra.
Eers het hy gedink dat sy pa hom nie gehoor het nie. Hy wou net weer sy vraag herhaal, toe sy pa met ‘n growwe stem vol emosie sê “God sal voorsien”. Net daar besluit hy om sy pa te vertrou want hy weet dat sy pa hom lief het al tree hy vandag baie vreemd op.

Met ‘n swaar hart maak Abraham die brandstapel gereed. “Kom hier my kind dat ek God se opdrag kan uitvoer”! Roep Abraham. Isak voel hoe sy hart in sy keel klop en hoe die vrees hom oorweldig toe sy pa hom vat en op die brandstapel sit. Hoekom doen sy pa dit? wonder hy, is hy dalk kwaad vir hom of het hy dalk iets verkeerd gedoen?!! Hy wil vir sy pa skreeu om die mes asseblief neer te sit maar hy kry geen geluid uit nie.

Hy sien met angs hoe sy pa sy hand oplig!…. Hy kan sy ore nie glo toe hy baie duidelik ‘n stem hoor roep ;” Abraham dit is Ek hou dadelik op.! Los die mes en moenie jou seun seermaak nie! Ek weet nou dat jy My liefhet, want jy was bereid om jou lieflingskind, jou enigste seun, vir My te offer.” Net toe Abraham opkyk, hoor hy ‘n geritsel tussen die takke. Dit was ‘n ram waarvan die horings in die digte takke vasgehaak het. Dadelik het Abraham Isak losgemaak en hom weer opnuut verseker van sy liefde vir hom.

Abraham het sy hande opgehef na God en hom geloof en geprys omdat Hy voorsien het. Hy het net weer besef dat God getrou is aan sy beloftes.

Isak sou hierdie dag altyd onthou. Hy het geleer:
Dat geloof hom krag gee
Dat hy God se hand styf kan vashou
Dat God altyd doen wat Hy belowe.
Dat God voorsien
Dat God die onmoontlike doen.




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed