Jongste aktiwiteit:

Broodjies en Vissies

Hier is ‘n storie van Jesus wat ‘n seuntjie se vyf broodjies en twee vissies meer gemaak het. Volgens Joh 6

Die seuntjie se hare is verwaaid toe hy by die huis aangehardloop kom. “Sjoe, maar jy is laat vandag. Waar was jy die hele dag gewees?” vra Mamma. Sy omhels haar seuntjie liefdevol en vryf sy hare wat alkante toe staan plat met haar hand.

Hy gaan sit uitasem op die grond. Sy bene voel lam van al die wonderlike dinge wat met hom gebeur het. Sy oë blink en sy gesiggie straal. Hy kan nog nie glo dat hy regtig vir Jesus gesien het nie…. “Hier sê mamma “drink ‘n bietjie melk dan vertel jy vir my wat jou ogies so laat blink.”

“Dankie mamma, dit is net wat ek nou nodig het. Ek is jammer dat ek so lank weg was.” Hy is vir ‘n lang tyd doodstil. Jesus is so wonderlik se hy dan sag. “Wat sê jy ?”. “Jesus is baie wonderlik herhaal hy harder.”

“Jesus, sê jy, ek het al gehoor die mense praat van Hom. Hulle sê dat hy siekes gesond maak, blindes laat sien, dowes laat hoor en dooie mense uit die dood laat opstaan. Het jy Hom dan ook gesien en wat het hy gedoen vra mamma belangstellende.”

“Dit was ‘n baie wonderlike dag mamma” begin hy vertel. “Daar waar die bokkies altyd teen die berg wei was vandag duisende mense. Ja, sê mamma dit was seker al die mense wat gekom het vir die Paasfees. Dit is mos die belangrikste fees vir die Jode.”

“Een van die ooms het gesê dat die manne omtrent vyfduisend was. Dit was vir my nogal baie erg gewees om so alleen tussen die vreeslike baie mense te wees. My hart was baie seer en ek het baie bang gevoel.. Gelukkig het mamma vir my kossies ingepak, dit het my darem getroos.

Die ergste was dat al daardie baie mense nie kos gehad het om te eet nie, almal was baie honger gewees en niemand anders behalwe ek het kos daar gehad nie. Ek het gehoor hoe, ‘n Groot oom wat hulle Andreas genoem het, vir Jesus vertel dat ek ‘n bietjie kossies het.

In my hart ek gedink dat hulle nie my kos kan kry nie, want ek was vreeslik honger.. Ek het sommer dadelik gaan sit en my kos blikkie oopmaak om te begin eet. Dit is toe dat ek ‘n paar groot voete langs my gesien staan het en toe ek opkyk het ek vasgekyk in oë wat vol liefde en begrip was. Dit was asof Hy in my hartjie kon inkyk. My grootste begeerte op daardie oomblik was om al my kos vir Hom te gee. Sy liefde was soos iets wat ek kon aanraak. Ek het sommer net geweet dat dit Jesus was. Dadelik het ek opgespring en vir Hom al my kossies gegee. Jesus het dankie gesê en my ‘n liefdevolle drukkie gegee.

Hy het my brood en vissies gevat en vir God dankie gesê. Hy het toe die broodjies en vissies begin uitdeel tussen al daardie baie mense. Vir my het Hy ook genoeg gegee om te eet. My ogies het gerek van verbasing toe ek sien dat al die mense genoeg gekry het om te eet en dat daar nog so baie oorgebly het. Hulle het twaalf mandjies nodig gehad om al die orige kossies in te sit.

Daarna het Jesus verder vir die mense geleer en siekes gesond gemaak. Die heeltyd was ek naby hom, en nie eenkeer het ek gevoel dat ek in sy pad is nie. Al die bangheid was skoon weg.

Jesus het die kindertjies lief net soos wat Hy die grootmense lief het. My lewe sal nooit weer die selfde wees nie. Elke dag wil ek net vir Hom leef. Sê hy met oortuiging.
Mamma trek hom in haar arms in terwyl sy sê. “Jesus is werklik die beloofde Messias van wie die profete geskryf het. Hy is waarlik God want net God kan sulke wonderlike dinge doen. Ons hoef nooit bekommerd te wees as ons te min het nie”.

So raak hy in sy Mamma se arms aan te slaap, uitgeput na al die baie dinge wat hy gesien en beleef het.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed