Jongste aktiwiteit:

JESUS EN DIE KINDERTJIES (Matt 7 – Matt 9)

“Weet julle wat sal vir my baie lekker wees?” “Hoe sal ons weet?” vra die kleinste enetjie onder die groepie kinders wat rustig onder die boom speel. “My grooste begeerte is om eendag op Jesus se skoot te sit en om in sy oë te kyk. Het julle al die liefde in sy oë gesien?” Vra Salomѐ “Ja ek het” sê een van die outjies. “Nou die dag was ek saam met my pa toe ons Hom gesien het. Ons het Hom gevolg saam met ‘n groot menigte mense. Daar het ‘n man met ‘n ernstige velsiekte na Jesus toe gekom en voor Hom neer geval met die woorde: “Here, as U wil, kan U my gesond maak. Jesus het hom aangeraak en dadelik het sy velsiekte verdwyn. Ek kon nie glo wat ek sien nie! My mond het oopgehang. Wat my die meeste getref het, was die liefde in Jesus se oë toe Hy na die man gekyk het .

Sjoe, dit is wonderlik, sê Josua. My pa het my vertel dat Jesus baie wonderwerke doen. Hy is een van Jesus se getroue volgelinge. Hy sê dat Jesus siekes gesond maak, Hy laat verlamdes opstaan en loop en mense wat blind is, raak Hy aan, dan sien hulle weer. Ja, dis die waarheid, sê Johannes, My oom was verlam en bedlȇend My pa en ander ooms het hom op ‘n bed na Jesus toe gevat. Toe Jesus hulle geloof sien, het Hy vir hom gesê. “Staan op, vat jou slaapmat en gaan huis toe.” Dit is vir ons baie wonderlik om te sien dat my oom die wȇreld vol loop en nie kan ophou om te vertel hoe wonderlik dit was om Jesus se liefde vir hom in Sy oë te sien nie.

“Gister het Naómi my vertel, julle ken haar mos, dit is die dogtertjie van oom Jaïrus”. Sê Salomѐ ”Sy het my vertel wat met haar gebeur het. Dit is die rede hoekom ek baie graag op Jesus se skoot wil sit en wil voel hoe dit is om so naby aan Hom te wees en om in Sy oë te kyk!! “Vertel”, por Josua haar aan, ”my pa het my vertel wat gebeur het, maar dit sal wonderlik wees om te hoor hoe Naómi gevoel het toe Jesus haar hand gegryp het”. Almal skuif nader. Afwagting is op elke gesiggie te sien.

“Sy sê dat sy baie siek geword het”, vertel Salomѐ, en dat haar ouers baie bekommerd oor haar was. Sy kon nie baie goed onthou wat gebeur het nie. Sy weet baie siek gevoel het en ‘n vreeslike hoofpyn gehad het. Al wat sy goed kan onthou, was die oomblik toe Jesus haar hand vasgehou het en sy regop gestaan het en al die pyn net weg was. Sy het Jesus se liefde vir haar in Sy oë gesien en hoe meer Hy vir haar gekyk het hoe meer het die lewe in haar teruggekeer.

“Ja sê Josua, “”my pa het my vertel dat Oom Jairus na Jesus toe gegaan het en Hom vertel het dat Naómi dood is en dat hy glo dat as Jesus sy hand op haar lê dat sy sal lewe. Jesus het opgestaan en het saam met hom gegaan. My pa sê dat Jesus baie rustig was, hy was glad nie ontsteld gewees nie. Op pad na Naómi toe het ‘n vrou wat al vir twaalf jaar lank siek was, aan die soom van Sy kleed geraak. Jesus het dadelik gevoel toe sy aan Hom raak. Hy het omgedraai en haar gesien en gesê: “Hou goeie moed, jou geloof het jou gered”. En die vrou het gesond geword. Die oomblik toe Jesus in Jairus se huis kom en die fluitspelers sien, en die skare wat te kere gaan, sê Hy vir hulle: “Gaan weg, want die dogterjie is nie dood nie, sy slaap”. Almal het Hom uitgelag. Nadat Jesus die skare uitgedryf het, het Hy ingegaan en Naómi se hand gegryp, en sy het opgestaan.

‘n Stilte van verwondering het op die groepie kinders toegesak.. ‘n Groot begeerte om naby aan Jesus te wees, het almeer van elkeen van hulle besit geneem.
“My ma sê Jesus het gesê “Bid en vir julle sal gegee word”; Kom ons bid nou en vra God dat ons baie graag op Jesus se skoot wil sit om in sy oë te kyk”. Stel Salomѐ voor. Saam buig vier koppies in kinderlike geloof en in gebed maak hulle hul begeertes bekend.
———
Vandag is weer een van daardie besige dae in Judea, Duisende mense drom om Jesus. Baie siekes wil graag gesond word, blindes wil sien en dowes wil graag weer hoor.
Niemand neem notisie van die vier kinders wat tussen hulle deur beur nie. Hulle hou mekaar se handtjies styf vas, te bang dat hulle mekaar sal verloor. Dis baie moeilik om deur die klomp mense te kom, almal stoot hulle weg want hulle dink dat kinders net lastig en in die pad is. Al wat die vier aan kan dink is om naby Jesus te wees..

Die vier ruk tot stilstand toe hulle Jesus se stem duidelik hoor, toe hy hulle nader roep en sê “Wie is die grootste in die koninkryk van die hemele? Hy laat hulle in die midde staan en hul kon hul ore nie glo toe Jesus sê ”Voorwaar Ek sê vir julle as julle nie verander en soos die kinderjities word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie! En elkeen wat een van slulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My.

Die liefde wat Jesus na hulle toe uitgestraal het en die aanraking van Jesus was vir hulle, die moeite werd om by Hom uitgekom. Jesus se liefde, in Sy oë vir hulle het hul hele lewe verander…… Jesus het hul op sy skoot getel en elkeen ‘n spesiale drukkie gegee.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed