Jongste aktiwiteit:

held vir jou seun

van kleins af was jy ‘n optimus
ten spyte van siekbed op siekbed
telkens opgestaan met nuwe ywer
hoe flou en gebroke ook al
voor in die koor by uitdagings
dikwels in die sop beland daaroor
gereeld die platriem moes proe ook
daaruit opgestaan met trots
later as ander groot geword
ook maar deur eie foute geleer
slim genoeg om ander se foute
op te merk en probeer ontwyk
die uitdaging van die oomblik
met durf en dom storm geloop
soms gewen en ook soms verloor
lank getob oor elke verloor
om vir ‘n seun se foute
onselfsugtig pa te kan staan
sonder om twee keer te dink
ten spyte van die gevolge
om in tye van nood
al is jy bang, dit nie te wys
konstruktief die regte ding
te doen al kos dit jou
die besef dat jou seun
dink jy is ‘n held – te begryp
dit te koester en op te pas
deur ‘n held te wees
jy het groot geword
met die slagspreuk van:
“ons sal lewe, ons sal sterwe”
maar jy het lewe gekies
toe jy by die dood omdraai
was jou seun mos daar langs jou
toe kon jy nie meer braaf lyk
maar hy het jou help opstaan
as jy jou seun se held wil bly
moet jou seun ook jou held wees
soos jou verlosser Homself gee
moet julle ook julself gee
©Teárlach.
(In elke heldedaad sit daar ’n heenwysing, hoe flou en gebroke ook al, na die selfprysgawe van onse Here Jesus Christus aan die kruis.)



Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak