Die Môregroet
Die Môregroet
geskryf deur Dale Penderis ©
Die son se strale deur my venster
skyn warm in my gemoed
hier waar ek ontwaak uit my bed my dag met ʼn hartslied begroet
My keuse vandag is goeie denke, Heer
soos U vir my in Fillipense
4 vers 8 tot 9 leer
bedink alles wat rein is en pas jou wandel daarby aan
U sien ons opregtheid, Heer
en wys die pad wat ons moet gaan
My hart juig van vreugde wanneer ek aan U dink
die vaste wete dat U vir my is
wie kan my dan laat sink
U verskuil my in U tent en verberg my in U hut
teen die dag van onheil
kan ek in U beskerming sit
My hart is gerus
die belofte dat U vir my is
U vrede geskryf oor my siel
saam met my mond glimlag my oë
ʼn vaste vertroue in U alleen se vermoë
My wese sing en dié tempel breek uit sy nate
van al U goedheid en guns
daarom, o Heer, soos Paulus sou sê
om te lewe is Christus, selfs die dood is ʼn wins,
want of ek leef en of ek sterwe
die Ewige Lewe ʼn vooruitsig
wat ek gaan beërwe.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.