My Herder
My Herder
geskryf deur Dale Penderis ©
In my ongevormde jare
nog nie in my moeder se skoot
was my dae reeds vir my opgeskryf
deur my Skepper, sê die Woord
Hoe wyd strek U goedheid
tot in ewigheid
U vul my hele wese
met U teenwoordigheid
nêrens wil ek wees
as U nie by my is, o Heer
terug na my eerste Liefde
dis waarheen ek terugkeer
Vergeef my, Vader, wanneer ek afdwaal
ek berus my in die wete
my Herder sal my kom haal
want U laat staan nege-en-neëntig
male sonder tal
om een verlore skapie
te kom red as sy verdwaal
U hou my in U hand
geeneen kan my daaruit ruk
want niks kan ons skei van U liefde
deur U Seun vir ons so beskik
wanneer U ons dan kom haal
op die wolke, o so wit
help my om my oliekruik
op die regte plek te sit
Gaan my nie verby, O Heer,
want U Woord het my geleer
in Christus is ek verborge
Sy bloed is teen my deur.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.