Oorwinning
Oorwinning
geskryf deur Dale Penderis ©
Vroeg in die môre versadig U my, o Heer,
met U goedertierenheid
sodat ek jubel en juig alleen tot U eer
ek drink van die water van die Lewensfontein
met my hande omhoog
met U liefde omhein
Ek sing hallelujah
ek dans en ek juig
U bloed bruis deur my are
ek wil van U almag getuig
my mond kan nie toe bly
my lippe moet oop
op die ritme van U hartklop
want U is my hoop
U gee sewevoudig wat die vyand wou steel
want dis nie vir hom
dis aan mý uitgedeel
vandág vat ek terug wat myne moes wees
nie langer sal hy my laat lewe in vrees
Vat so! Jou boelie!
jy’t gedink jy’t gewen
ha-ha, sê die Here
wanneer Hy jou neerpen
jy ontvang ʼn penalty, ʼn ewige boete
wanneer jy word ʼn rusbank vir my Vader se voete
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.