Jongste aktiwiteit:

My Visiebord

My Visiebord
geskryf deur Dale Penderis ©

Die nagwaak kom tot ‘n einde;
die son loop vooruit in ‘n groet.
Die winde van verandering;
gewaarborg om my te ontmoet.

Verandering is ‘n feit ~
dis wat seisoene ons leer
Tyd is nooit blywend;
‘n lopende meganisme; ons kan dit nie keer.

Hoop en geloof vou hande saam;
kleurvol geskets in ‘n hemelse raam.
Swaarkry en lyding ~ gíster vergete
Wát ek sien; ‘n ware wete…

‘n Tuiste van sierklei; gemesselde saffiere ~
robyne, karbonkels; helder riviere.
Deur vrede oorweldig; ‘n vaste belofte;
die juk gelig van eens swaar skofte.

Jy, ellendige, deur storm gejaagde, ongestroos!
Die belofte is joune; ook aan jou kroos
Hou vas wat jy het, laat niemand dit vat;
in die hemel vir jou, ‘n onmeetbare skat.

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed