Jongste aktiwiteit:

Spring clean

Spring clean
geskryf deur Dale Penderis ©

Stil in die nanag lê ek en kou
aan brokkies en stukkies uit gister se onthou
die wat as en sê nou net en het ek maar geweet
nodeloos die probeer van my aangesig se gesweet
Gooi oop die ruite, maak vas jou gedagtegang
dis die wat as van gister wat jou wakkerlê vasvang
die doolhof in jou kop kort ʼn shake-n-vac deep cleanse daarby
strek jou uit na wat voorlê, want gister is verby

verby die verlede
laat staan en bely
Jesus se bloed is vir jou en vir my

eens was ek blind
maar nou kan ek sien
ja, ek is vry, vry, heeltemal vry
ek’t die doolhof se gange se exit gekry




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed