Jongste aktiwiteit:

Opnuut gebore

Opnuut Gebore
geskryf deur Dale Penderis ©

Waar is jy gebore?
In die hart van die Namib, meneer.
Onthou jy die dae in die Namib?
Hoe kan ek, meneer? Ek was drie toe ons na die Kaap terugkeer.
Dan wat onthou jy van jou kleintyd wees?
Niks regtig, meneer, dit word dikwels blokkeer.
Wat gaan aan in jou kop en wat maak jou bly?
My blydskap, meneer, het ek by die Here gekry.
Ek glimlag, meneer, want die beste het gebeur…

Ek is opnuut gebore , toe Jesus my roep
Skoon gewas deur Jesus se bloed
Kom sê, kom sit hier My kind
Want Ek wil jou leer
Van al hierdie dinge wat nog gaan gebeur
Van swaarkry, ook vreugde, verdrukking en pyn
Moed moet jy hou, dit sal eersdaags verdwyn

Al hierdie dinge moet gebeur
Maar jy moet jou nie steur
Fokus jou oë slegs op My
Veilig beskut in My hut en My tent
Waar geen onheil jou kan kry
As als verby is kom Ek jou haal
Dit verklaar Ek verseker
Die prys is ten volle betaal!




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed