Jongste aktiwiteit:

druiwe vir droefheid

druiwe vir droefheid
geskryf deur Dale Penderis ©

getrapte druiwe vir droefheid
gekneusde dadels vir hoop
kom deel aan my piekniekmandjie
die pad wil ek saam saam loop

loop saam met my na die wilgers waar die groen gras welig sein
waar kabbelende stroompies simfonies streel
‘wyl die nostalgie verdwyn

verdwyn saam met my na kamma se land
ʼn land sonder tyd of grens
na sprokies sonder einde
en ʼn uurglas sonder sand

sandseëninge soos aan abraham
beloof ek trou aan jou
met nasate wat die grond bewerk
en aan ons toekoms bou

getrapte druiwe vir droefheid
gekneusde dadels vir hoop
suikersoet gedagtes
suikersoet stroop
die pad na my gekraakte hart

sal jy dit saam’y loop

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak