Jongste aktiwiteit:

Waar is my kous?

Het jy al ooit gewonder wat word van daardie kous wat nooit van die wasmasjien af terug kom nie?

Dirkie se kouse woon in die onderste laai van sy kas. Daar is die grys kerkkouse, Klaas en Koos en die lang rugbykouse, Rudie en Ross, en ook pretige kouse met kolle en dinosourusse op, Japie en Freddie, en sommer nog ‘n hele klomp ander.

Elke keer wat Dirkie ‘n paar kouse gedra het, kon die kouse in die laai nie wag dat daardie kouse van die waskamer af terug kom nie, sodat hulle kan hoor waar die kouse was en wat hulle alles gesien het.

Waar was julle vandag? Wat het julle gesien? Waarvan het die mense gepraat? Die kouse kon dan vir ure droom oor alles wat hulle daar buite in die wêreld kon sien. Hulle het baie planne gemaak oor hoe hulle eendag by die huis gaan uitkruip en op ‘n wêreldreis sal gaan.

Niemand het ooit vêr gegaan nie want Dirkie en sy ouers het in ‘n klein dorpie op die Platteland gebly.

Een keer was die twee kerkkouse darem tot in Johannesburg, maar hulle het nie veel gesien nie, want Dirkie het in die kar bly sit en wag terwyl Mamma iemand by die lughawe opgelaai het.

Vandag is dit was dag, Japie en Freddie hang and die wasgoedlyn om droog te word. Skielik begin die wind waai en die wasgoedlyn draai stadig in die rondte. “Oeee, dit is lekker!” skree Japie vir Freddie. “Jaaaa, dit is soos die malemeule in Dirkie se boek.!”

Die wind word sterker en die wasgoedlyn draai vinniger en vinniger!

Die kouse en ander wasgoed swaai woes in die wind, party goed kom los en waai teen die bome en draad was. “Houvas!” skree Freddie. “Hoooeeeep!” skree Japie, en daar waai hy van die draad af. Hoog, hoog die lug in. “Hoooooeeeee ek vlieg!”

“Wag vir my!” roep Freddie, maar dit is te laat, Japie verdwyn in die wolke….

Mamma stuur vir Dirkie, om gou die wasgoed van die draad te gaan afhaal. “Waar is my kous?” wonder hy, hy na hy die wasgoed teen dit bome en draad opgetel het.

Die wind wikkel en swaai en kielie vir Japie, sy is lus om te speel vandag. Een oomblik is hy hoog in die lug, dan draai hy net bo die grond. Die wind duik met hom af tot oor ‘n pad en kaplaks waai Japie teen ‘n vragmotor se ruit was. “Eina!”

“Wat is dit?” wonder die vragmotorbestuurder en probeer hom met die reënveërs weg fee. Japie skuif, skuif tot bo-op die dak en daar kry hy vashou plek.

Hy is baie benoud. Hy knyp altwee sy oë styf toe en klou vir al wat hy werd is.

Na ‘n ruk waag hy dit om sy een oog oop te maak. Hy loer met skrefies oë, hulle ry deur ‘n groot stad. “Woweee, so baie karre en mense en busse en vragmotors.”

Hy maak altwee oë oop. Hulle is nou deur die stad en hy sien veld en bosse en bome en skape en beeste en lande sonneblomme. Hulle ry oor ‘n groot rivier, water en nog water. Daar lê so waar ‘n krokodil en daar is seekoeie in die water.

Die vragmotor stop en Japie gly langs die kant af tot op die grond.

Die bestuurder klim uit en sien hoe Japie voor sy voete val. “Nou waar kom jy vandaan?” sê hy en tel hom op. Hy kyk na die naam ettiket op Japie: Ek behoort aan Dirkie, 24 Maartin Straat, Bosbokpoort.

“Ah,” sê die bestuurder ek weet waar dit is, ek sal jou daar aflaai as ek weer daar verby ry. Hy gooi Japie voor in die vragmotor op die paneelboard. Japie skuif hom reg, nou kan hy alles sien hier uit die hoë vragmotor venster.

Die vragmotor begin weer ry, hulle is nou in die Bosveld. Japie sien baie nuwe diere, olifante, koedoes, elande en baie rooibokke. Om die volgende draai lê daar selfs twee leeus in die pad. Daar is ook baie voëls. Daar is ‘n yslike volstruis, ‘n piepklein blousyssie en ‘n arend met groot sterk kloue.

Hulle ry tot by die see. Japie kan sy oë nie glo nie, hy het nog nooit so baie water gesien nie. Hier sien hy robbe en seemeeue.

Wag tot hy vir Freddie en die ander kouse vertel van wat hy alles gesien het.

Skielik dink hy aan Freddie. Wat gaan van Freddie word as Dirkie nie vir Japie kan kry nie. Dirkie sal vir Freddie in die mandjie vir eensame kouse sit, in die hoop dat Japie in die volgende bondel wasgoed is. Maar as hy nie vir Japie kry nie, gaan Dirkie vir Freddie weggooi, want hy sal dink die wasmajien monster het vir Japie ingesluk. Oh aarde! Japie moet nou huis toe gaan.

Gelukkig het die trokbestuurder die goed wat hy gebring het klaar by die hawe afgelaai en hy is reg om om te draai.

Die trokbestuurder ry sommer tot by Dirkie se huis en klop aan die deur. “Middag, is jy Dirkie?” vra hy. “Ja, Oom!” sê Dirkie. “Ek dink die is jou kous.”

“Haai, dankie Oom ek het oral na hom gesoek.”

Daardie aand vertel Japie, vir al die ander kouse van sy wonderlike avontuur en al die ding wat hy gesien het.

Retha Weir




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed