Jongste aktiwiteit:

Hy skryf ‘n nuwe gedig

Hy skryf ‘n nuwe gedig

aan die kruis van Golgota skryf Hy Sy gedig
vir my
daar was geen ring vir Sy vinger nie
Sy hande was wreed aan ‘n houtkruis
met spykers deurboor
daar was geen skoene vir Sy voete nie
wreed aan ‘n houtkruis
met spykers deurboor

daar was geen mantel vir Sy skouers nie
maar merke van marteling en hale van bloed
slegs ’n onderkleed naak en week
en ’n doringkroon in Sy bloed geweek

daar was geen feesmaal vir Hom
sjampanje of vetgemaakte kalf geslag
in Sy laaste uur
slegs wyn op ’n spons
en dit was suur

daar was geen geur van parfuum
of roos of blom vir Hom
slegs bloed en mirre
as verassing vir Hom
in Sy sterwensuur

en in Sy pyn en lyding sê Hy vir ’n sondaar nog:
‘…vannag sal ek jou in die Paradys ontmoet’

dan

hoor ek Hom saggies dig
met Sy bloed
skryf  Hy ’n nuwe gedig
vir mý:
‘My kind
Jou sondes sal Ek dra – asof dit myne is
Jou siektes sal Ek dra – asof dit myne is
Jou smarthede sal Ek dra – asof dit myne is
Jou krankhede sal Ek dra – asof dit myne is
Ek sal sorg dat dít permanent van jou verwyder is
want Ek is lief vir jou’

en in die laaste strofe van Sy gedig roep Hy
in ’n groot stem uit:

Tetalestai! –
                    ‘My
                         gedig
                                 vir
                                    jou
                                        is
                                           volbring’

—————oo00oo————–

(© Pieter Mostert)

[STERGRADERING = BRONS]

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed