
agie
“Jy is so nieuwsgierig als Aegje van Enckhuysen”
nuuskierige agies kry pyn op hulle magies
nuuskierige agies is baie weetgierig en word slim
as vroue naam is dit ook iemand wat suiwer en Heilig is
‘n persoon met goeie karakter en baie dapper
dalk verkleining van Agatha of Aggie
die burgermeester van Enckhuisen in Nederland
se vrou, Aegje was besonder nuuskierig en bekend
so berug eintlik dat ene Bormeester ‘n klugspel daaroor
geskryf het: “t Nieuwsgierige Aegje”
soveel eeue later is ons nuuskierige agies
nog altyd bekend en berug – hoewel min
ouers van vandag dalk nog daarvan
sal weet – of die gesegde sal
gebruik
bitter lekker hierdie agie-groete
wat ek jou en jou huis stuur
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.