st helenabaai
vroeg vanoggend
steek oostewind sy snoet
onder my ooplaatkant
in, en vries my arm
sodat ek na vuur
begin soek
die see se kalm
na kouefront oor is
bring matigende invloed
dit is net sneeu-wind
wat aanvoelbaar
vel laat krimp
oostewind bring
stilletjies sy koue
so deur die bergsesloet
hoeka bepaal deur duine
wat oos-wes gaan lê
wind straataf stuur
onse weskusbaai
uniek in sy oos-wes
waar Son Oos opkom
terwyl Maan Wes
ondergaan
© Tearlach.
(St Helenabaai – Weskus)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.