vyftig dae gewag
met gedruis van wind
tonge van vuur vul die huis
omgelf en deurweek almal
met die beloofde Trooster
vul hul met Heilige Gees
verwarring, verbasing
maar; dit was reeds
lank gelede deur
Joël en Dawid
voorspel
Jesus
se belofte
op die vyftigste dag
volbring
so fokus ons
steeds vandag
op hierdie Gees
wat ons vertroos
wat ons gerig hou
op pad van geregtigheid
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.