skryf met Sy vinger in die sand
kinders is basies eerlik
en meestal opreg
wanneer hulle in nood is
waarsku hul jou as ouer
vra hulp op mooiste maniere
van baba stadium af
so sien ek van my duin af
kinders langs die golwe speel
skryf hul met vingers in die sand
soms selfs jong getroudes
wat boodskappies los
wat die golwe weer uitvee
skryf maar met jou vingers in die sand
al vee die volgende golwe dit weer uit
ver van bo af sien iemand dit wel raak
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.