Sonnet vir my siel (Silwer gradering)
my siel smag na die stil woestyn
soos ‘n hert smag na die beek
waar ek soos in ‘n blink fontein
my dorre gees kan week
waar rante swart teen blou lug welf
en soutpanne in wit kristal
(lank nie meer die sout gedelf)
hul kunswerk in die son uitstal
waar verlate, vlak valleie
die sonlig in spookpoele kelk
die vlaktes bleek, beskeie
onder die aanslag van die son verwelk
… ek wil een word met dié somber land
die stil bestaan van klip en sand
©Estelle Rubow
07/09/2018
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2018 – Spyse vir die siel projek