Jongste aktiwiteit:

Wie is EK?

Wie is ek?
Wanneer die stad se liggies
die sterre se skoonheid verbloem
en die wêreld
saam onreg roem

Wie is ek?
Wanneer die dag gaan slaap
in die holte van oordeel
en verdriet sy smart
oor die maan se rooi giet

Wie is ek?
Wanneer jy vergeefs
die geraas van die lewe
probeer uitblok
met musiek in jou ore

Wie is ek?
Wanneer die slaap jou
vanaand kom vang
en jy na jou drome
in die dag verlang

Wie is ek?
Wanneer jy moeg en afgemat
neerval op jou knieë
wat motiveer jou ja
en vir wat sê jy soms nee

Wie is ek?
Wanneer die begeertes
in jou hart
teenstrydig is en meer
van jou gees wegvat

Wie is ek?
Wie is EK?

Ek is geregtigheid
Ek is vergifnis
Ek is stilte
Ek is rus

Ek is die weg en die waarheid
Ek is die Kruis
Ek is in jou hart, jou siel en jou gees
Wie is Ek?
Ek is Christus
Die EEN wat is en altyd sal wees.

© 2018 Chantelle Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed