Elke hart word n dorp van onthou
Elke hart word ‘n dorp van onthou.
Stof- en teerstrate. Soms net ‘n spoor.
Iewers is almal maar net ‘n mens met ‘n wens.
Herinneringe is die foto’s teen die gange van onthou,
hier diep in jou hart.
Groot foto’s met goue rame, ander klein, maar die gedagte bly groot.
Soos in ‘n dorp kom daar mense, ander gaan. Daar is ook dié wat vir jare bly staan.
Waarook al jy mag gaan, volg daar altyd iemand saam in hul eie fotoraameieqq
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.