Lewerik
elke oggend baie vroeg
word jou gedagtes wakker
oggendmens is jy wel
energie wat bloei
en blom met
dagbreek
jou liedjies wat jy sing
verdwyn soms in die hoë lug
wanneer jou woorde opstyg, vervloei
en oor ‘n dowwe wêreld uitbasuin
wat in jou gedagtes aangaan
in ’n taal wat min verstaan
sing, liewe lewerik
jou liedjie van verlange
triomfantelike geluide uit jou hart
al verloop die klanke in jare
verlep dit in die lang gras
sal dit altyd refrein
© Tearlach.
(‘n Lewerik is ‘n klein, onopvallende sangvoël wat veral vroeg soggens in die lug opvlieg en sing)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.