Jongste aktiwiteit:

lelie

 

 

uit jou bol

kom die Madonna-lelie

toonbeeld van reinheid en maagdelikheid

ook Die Fleur-de-lis, simbool van mag,

soewereiniteit en goddelike regering

gedrapeer op wapenskilde, vlae

en klere van Franse konings

jou suiwer wit skoonheid

simboliseer ook soms

lewe, dood en opstanding

in Griekse mitologie: moederskap,

vrugbaarheid en goddelike oorsprong

kunstenaars gebruik jou kortstondigheid

om ons te herinner dat aardse skoonheid

nie vir altyd hou nie, dat jou blom,

hoewel pragtig, vinnig verwelk

soos die Water-Iris van Clovis

ook jou drie blaarkelke

van die middeleeue

die wat bid (kerk)

die wat veg (adel)

en die wat werk (boere)

graag sien ek dit egter as:

drie blare van die heilige Drie-eenheid

die Vader, die Seun en die Heilige Gees

Berglelie, Vuurlelie of Varklelie

jou skoonheid laat my liries sing

van skoonheid onbegrens

en reinheid uit die

Skepper se hand

 

© Tearlach.

(Clovis: die eerste koning van die Franke, 5de eeu Clovis I)

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed