Kuslyn vol vlamme
Toe jou golwe teer oor my stil strand breek
jy jou buitelyne, teen my binnekant vasskilder
sonder om die eb van my vloed te verwilder
het ek gewonder: “Sal my branders jou hart kan deurweek?
Sal jou oggendster soms helder oor my oseaan skyn?”
Terwyl jou soene soos meeue om my maal
om die enkelspore langs my kuslyn af te vertaal,
of sal alles in een idillies strom verdwyn
en ons uitgespoel en verlate los;
windverwaaid teen die stam van wulpse drome
terwyl die soet van ons hande; bewend alom gloei
en wat sal die droëloop van ons eenwees dan kos
wanneer ons soos leë skulpe in warrelstrome
mekaar ontgroei om teen mensgemaakte realiteite te roei.
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie