Charmer (Opdrag 7)
Op die front seat van ‘n Volla, seeblou
nes jou oë, kruip jou hand kundig – lus –
en dit wasem teen die ruite, voel knus
met die handrem laag deur my hart en jou.
Buite rol golwe rof, onrustig, rou,
verbeeld warm tasting en brandende mis.
By die roadhouse vang seevoëls skreeuend vis,
soos ons passie in hul vlerke vind, so slow…
Maar daardie was toe en nou’s dit vandag,
met jou voet in die hoek, weg met die kar,
was dit koebaai en jou heel gaai, Meraai.
Jy het toe oral te heerlik gelag,
my siel se gety vir ewig verwar –
ek het bly hyg op die sand soos ‘n haai.
©Charleine Collins
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie