Jongste aktiwiteit:

Dis Lentetyd

na lang yskoue winter
strooi lente sy hitte
soos suikersoet Jakarandas
versprei blomme hul parfuum

wanneer jy asemloos
na son se kleurskildery staar
bloos hy bloedrooi met knypie oranje
word jy deel van sy skaduwee

met eerste hap kielie soetigheid
van druiwesap jou tong
verdwaal jy in lanings
van bitterbossie onthou

en met druppels reën
wat sag oor jou arms streel
water oor jou rug trippel
opgewonde die storm inwag

as besies sing
roep lente hiep-hiep-hoera
dis tyd vir liefde
met bittersoet sang van mossiekoor

©Jessica Venter
04/09/2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak