Jongste aktiwiteit:

Brood vir die siel

Die siel sweef rond opsoek na betekenis
leë oë verklap die moeë siel se gemoed
stadig val die korreltjies van die uurglas om bekentenis
pleitend om die groot honger te laat woed

bring jouself tot inkeer en herken
die lewe draai soos ‘n groot wiel
tyd om jou soeke na voeding te beken
daar is oorvloed vir elke honger siel

skatte wat tot in ewigheid waarde dra
wie jy is sal deur jou siel altyd bestaan
geen geld of roem kan om die doel draai
laat nooit jou honger na sielskos afstaan

al die maskers moet val dan kan jy wees
God se woord en skepping, brood vir siel en gees
© Charnê Harding




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed