Jongste aktiwiteit:

Tyd vir verandering

Ons elkeen se reis en ervarings is anders hier op aarde. Wat vir die een belangrik is mag belaglik vir ‘n ander een wees. Ons siel, wie ons is, word dikwels opsy gestoot en selde aandag gegee. So baie mense ly geestelik honger. Jy kry skatryk mense wat enige aardse besitting kan aanskaf, maar hulle is siel ongelukkig hoe gebeur dit?
Om jou siel gesond te hou kan nie deur geld gekoop word nie, daarom het ons elkeen ‘n verantwoordelikheid om dit vir ons self te doen net soos jy na jou liggaam kyk. Ek is tans besig om ‘The Choice’ van Edith Eger te lees. Sy verduidelik so mooi dat ons self die besluit moet neem wat ons met ons lewe gaan maak. Selfs in oorlog of wat jou situasie mag wees het jy steeds ‘n keuse om gelukkig te wees of eerder die beste van jou situasie te maak. Ek glo dat ons siel in enige situasie gevoed kan word.
Skep vir jou tyd om stil te word en die eenvoudige dinge in die lewe te waardeer. Ons is so besig met al die ander dinge van die lewe dat ons dit wat belangrik is afskeep. Soms ly ons emosioneel omdat ons geen tyd het vir genesing nie. Dit is belangrik om die ewige roetine te breek en voeding aan jou siel te gee.
Ek verwonder my aan die skepping en ‘n lang stapsessie tussen die veldblomme maak my geestelik weer lus om dit wat belangrik is te geniet. ‘n Naweek weg saam met mense wat soos ek voel en dink, wat saam my lag is energie wat jy nie in bottels kry nie.
Mense sê hulle verlede en die trauma wat hulle beleef het maak hulle siel ongelukkig. Dan is dit tyd dat jy vrede maak met jou verlede en na die toekoms werk. Gaan soek hulp as dit nodig is en hou op skaam wees oor dit wat verby is.
Ons moet soms ‘n besluit neem dat die geestelike plek waar ek my tans bevind, ons siel so verniel dat ons honger het na geluk en verandering. Jy is dus die argitek van jou lewe, maak daai besluit vandag.
Neem die besluit om sielsgelukkig te wees en jy sal verbaas wees hoe jou hele lewe in ‘n vreugde kan verander. Onthou dat positiewe denke jou kompas kan wees na ‘n beter jy!
©Charne Harding




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed