mis
ek mis jou
ver onder
uit diepste
van my hart
kom die kermkreet
dorre, dooie greep
wat krampagtig
hartsnare trek
waar is jy dan
hoe ver wil
jy nog gaan
verder as
verste ster
ek mis jou nou
en elke laat aand
met elke oggendstond
kom jou gesig weer
met veeg van wind
jou haarlokke
van een
kind
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.