Samesyn
waar woorde tussen stiltes hang
en tyd nostalgies buig
voor Moeder Natuur
word ons kombers oopgegooi
in die arms van die gras
en ontspanning daarop neergelê
’n mandjie se deksel kraak
’n mier karwei krummels oor ’n servet
’n by zoem om ’n lepel konfyt
’n broodjie kry sy mosterd
waar ’n bottel koeldrank
halfpad son drink
lag en speel die kinders
in die sand …
———–ooo00ooo———–
©Pieter Mostert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Junie 2025 – PIEKNIEK projek