Jongste aktiwiteit:

duine-taal

somers oggende is so mooi
diepblou strek die seewater

vroeg warm turkoois gekleur
tot oorkant die baai se rand

golwe dein saggies kuslangs
streep wit op skoon strande

deinserige lug kobalt ge-ets
met streperige vaalwit wolke

my duine-taal is net afrikaans
geen ander taal kan dit tog sê

gaan haal my swewende siel
spierwitte meeu van my hart

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed