Reën in die groot karoo (Pantoen) (Silwer gradering)
as dit reën in die groot karoo,
druppels op die stoepe dans
en griffel teen die vensterruite,
wil ek soos aurora in groen satyn
druppels op die stoepe dans,
dans met die reën daarbuite
wil ek soos aurora in groen satyn
gly op die rug van twee reënboë,
dans met die reën daarbuite
en griffel teen die vensterruite,
gly op die rug van twee reënboë
as dit reën in die groot karoo
©Estelle Rubow
(Pantoen)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek