
Vonnis
‘n vonnis so finaal
is bepaal
witjas jurie kom na vore
liggaam geboë
frons tussen oë
bekwaamstes staan verslae
nog ‘n uitklophou deur die groot K
die nuus wat hul dra maak hul goedkoop
van regverdigheid gestroop
die vonnis word gevel
wyd oop poorte van die hel
‘n lewenslange lyding
net die dood bring bevryding
die sel deur
finaal gesluit
ek wil nie in
ek kan nie uit
alles donker alles dig
tog deur die tralies skyn U lig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.