Jongste aktiwiteit:

Soos Ryp Druiwekorrels

Soos Ryp Druiwekorrels

Soms, net soms,
druk die feesdae swaar op die gemoed
en vul dit met verlange en herinnerings
tot barstens toe vol en woorde ontbreek
tong en lippe stom van ingehoue emosie
dan wil jy saam met Queen sing
I want to break free
om uiting te gee aan jou gevoelens,
maar dan roer en trap jy maar
die letters en woorde deurmekaar
in jou brein se parskuip soos
ryp druiwekorrels en laat die
mos gis en gis
om gedagtes te orden en
soms, net soms,
vind jy gemoedsrus en verras
jy met woorde soos lieflike wyn
en geurige boeket …

Janetta – Helena [Babs] ©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed