vir
Gedigte
om arm te wees
finansieël onaktief
op die staat se genade
bankrot – arm in skande
arm van menslike hulpbronne
arm van gees tot armlastigheid
arm tot hoop-verloor-se-vlakte
ouderdom is nie vir sissies nie
so is arm wees nie vir elkeen
om arm te wees kan ‘n leefwyse word
oorgelewer aan ‘n wrede samelewing en jouself
om werklik armlastig te word is baie gevaarlik
dit is juis dan wanneer die hoër idiale, luuks
en feitlik onbereikbaar kan word
“ ..as jy nog nooit werklike armoede met die ontmensliking daarvan beleef het nie – dan kan jy ook baie moeilik die ware geluk beleef daarvan om te gee sonder om iets terug te verwag..” anon
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.