oorlog in my hart (silwer)
oorlog in my hart
daar’s ’n veldslag in my hart
waar skote oorverdowend knal
opslagkoeëls slaan vas in vlees
wat menige kryger sal laat val
eggo’s slaan teen my kamers vas
keer dan terug vir ’n tweede hoor
net toe jy ’n swakheid bespied
het ek die oorlog klaar verloor
jy het dooierus op my hart gevat
elke rondte tref sekuur
nes ’n fusillier van ouds
hierdie dan ons sterwensuur
daar waar alles heel was
is ek gekwes en beseer
nou is ek terug in my loopgraaf
waar ek my lesse leer
©Hester Steenkamp
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir September 2023 – OOP projek