Jongste aktiwiteit:

Vrede is met tyd bemoei (Goud)

in hierdie mooidag-môre
waar die duiwe lustig koer
en die hadidas lawaai
waar die dikkoppies in vrede sit
en waghou vir ‘n maat
waar die hemelbome bresse slaan
vir die winde se gedraai
en die rustigheid sy odes
oor die liefderyk kom saai

is daar ‘n ander dagbreeksone
in vrese vasgeblaai
waar kinders in hul onskuld
die tragieke leer verstaan
en ontploffing na ontploffing
oorverdowend skuddend
oor hul ouerlose lyfies
se hartklop rukkings gaan

waar slagtings en verskrikkings
soos aasvoëls bolangs draai
en die swarthaan al sy duisendste
verloëningskraai kom kraai.

in net ‘n ander sone
in net ‘n ander plek
hou die uurglas en die vrede
die genade vir die gek

Andries Fourie
(Seirdna)
05.09.2023




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed