
VLERKLOSE ENGEL
o, engel jy
met gebroke vlerke
wat in die stiltes standbeeld
in eens gewese paradysgalery;
meesterstuk van soorte is jy
in die skadu’s van jou
– selfgestruktureerde –
lugversorgde donkergraf
perfekte klanke van
n u t t e l o o s h e i d
weergalm deur jou ywerbid
langs ‘n vergulde altaar
daar offer jy die honger wat eens
verlorenes en sterwendes kon voed;
het jy dan vergeet jy is óók
deur God gekerf?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.