Hierdie wêreld en sy seer
Oor die veld hang gepêrelde druppels
met grasveld al dansend in die vroegmore-wind
die hemelse groete van liefde wat bind
so hunker my siel na U my heilsame Vader
vroeg beaam die voëls met sang
U liefde en vrede in U hand gevind
bedelend die hart van die sondaar
vanwaar my hulp, van U o Heer
wanneer kraaie gaap en uile slaap
die son verterend woedend brand
roep U stem dan vreedsaam sag
kom skuil in my hand se koelte mens
uit U hart rol vrede, vloed die vreugde
verdrink die seer, verkoel die tong
van die hart se pyn oneindig groot
U liefde Heer wat haat in grafte stoot
O genadig almagtig God en Heer
help my elke dag net meer en meer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.