Die mens, sy Anker en sonde
Woorde wat borrel en bruis
laat merke in lewens en harte
soms vrede en vreugde
soms hartseer en pyn
die glinster van die tong
subtiel soos die slang in die nag
wriemel en krul, wikkel en kul
ʼn wrede en giftige spul
maar tog dan die wolsagte woorde
wat sagkens in ʼn miswolk versluier
vrede en vreugde in liefde gehul
soos in sy-sag komberse gewikkel
o Here ons God, wees ons genadig
ons mense begrawe, in sonde verval.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.