Maan sprokie
Die maan blom in goud
oor die lewenswoud
en luister stil
na die nagkoor
skadu’s trek langbeen
waar die nag begin gaap
en die vermoeide
droomloos vaak raak
Sy geel gesig
skuur vlugtig
teen die son
se bloswang
as hy verby haar gly
waar sy opstaan
en op die blomme
rus trane van die maan
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.