Sy verstaan als
Tussen die blaaie van ‘n moeder’s geheue,
Op die kroontjie van haar hart
Gly-gly
Die ouderdom verby.
Ek’t jou so lank terug ontmoet,
Ek’t die ontmoeting nie onthou.
Ek was gebore in ‘n sagte wereld,
‘n stukkie van jou.
Deur die halms van addololsensie
Het jy hulpeloos wou gryp
na jou kindjie in die wiegie
wat ‘n harde wereld inkruip.
En erens langs die tiener-pad,
het ek dalk jou stem gehoor
maar ‘n deeltjie van jou leeftyd
tussen my vingers deur verloor.
Vanoggend op die plaasstoep
het jy geskerts oor die spul
en ek’t die are van wysheid
oor jou hande sien krul.
En skielik was ek hartseer
En heeltemal te lomp.
Ek wou weer op jou skoot sit
of agterna tou aan jou romp.
Jy’t my teen jou vasgetrek
Teen die borsbeen van jou hals
en teer teen my voorkop gefluister:
“Ek verstaan als”
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.